top of page
Writer's pictureDorisDaisy

So klein ... so ongelooflik nietig.

Updated: Sep 12, 2020


Die son het reeds sy kop agter die berg laat sak toe ek die pad terug huis toe aanpak,

min wetende hoe die platteland se donker jou kan insluk.

Dit was my eerste keer wat ek die bergpas huistoe aanpak in die donker en daardie emosie wat opstoot van uit die diepste kelders, so rou en waar, dat dit my nou weer oorspoel.

Ek is so klein… so ongelooflik nietig.


Padlangs is dit net jou dun hoofligte wat die donker sny, maak alles om jou en die kollesale berge wat uit toorn maak die nag ’n dieper skakering van swart.


Ek het sommer hardop vir Vader gesê, in mimiek van Dawid:

“Wie is ek dat U aan my dink?

U skepping hier om my is so groot, die berge, die donker alles sluk my in, sonder om eers bewus te wees daarvan, hoeveel groter is U?

As die Donker sy spens nou sou oopmaak en my op sy buitebereik-rak bêre, wie sal my ooit kan vind of aan my dink? En die Donker is net nog ’n skepsel uit U hand.”

Vanoggend voel ek weer daai gevoel …

Hoe kan ek dit beskryf anders as “so klein en onbeduidend.”


Soos ek nou hier sit en skryf ruk die wind aan my vensters asof dit ’n Wreede misbaksel is wat alles wil vermorsel. Ek hoor hoe die see sy stem dik maak en met krag teen die berg gooi sodat hy van albei kante gehoor kan word. Ek weet die hemelsluise gaan binnekort oopmaak en tonne water laat neerdonder: die armsalige siel binne ’n sekonde deurdrenk wat dit sou waag om buite te wees.


Dit alles net die natuur, net nog ’n skepsel. Die Kaap bring die feit dikwels na my voordeur.


En dwing my elke keer tot stilstand voor U troon.


Regte voorbehou, gepubliseer deur GI Produksies. Kopieregte © 2008 GIProduksies


18 views1 comment

Recent Posts

See All

1 comentário


Mej. Wysneus
Mej. Wysneus
03 de ago. de 2020

Dis ń ongelooflike mooi stuk!

Curtir
Post: Blog2_Post
bottom of page