top of page
Writer's pictureDorisDaisy

Party dae is maar net ’n uitdaging!




Dis sulke dae...wat jy op die ou ent van die dag net wil neerval op die bed en sug en vir jou

self sê: “Self, om so dag te oorleef en nie van frustrasie te sterf nie, verdien 'n madalje!”

en dan tipies begin ek sommer lag oor die ongelooflike snaakse dag en gebeurtenisse

wat een na die ander sy opwagting maak.


Jy weet, ek word vanoggend 4:30 wakker want Jonti (my wors hondjie) wil gaan piepie. Ek sit die huisalarm af en strompel die trappe af. Ek dink nogal dat dit alklaar weer donkerder word en wil sommer net daar in trane uitbars oor die Somer wat nou al klaar sy tekkies begin vasmaak vir die vertrek: Ai! kan ons nie 10 maande lig en 2 maande donker hé nie?


Ek maak die deur oop en ruik die kraak-vars koel lug teen my gesig - Somer

oggende is asemrowend.


Ek sit … en sit … en sit en wag vir Jonti om terug te kom, maar iewers is iets net soveel meer interessant as om terug bed toe te kom. Ek besluit toe om maar solank my Yoga sessie in te werk, dan is ek mos klaar vir die dag.


Ek sit die dvd aan en gaan lê op die grond om te ‘breath’. Ek ‘breath’ verwoed en Shelbe,

(my straat kat wat uit die Hemel geval het, want my dogtertjie wou so graag 'n kat gehad het) ruik aan my neus: ’n kat se snor baarde kielie nogal. Ek begin giggel. “Nee, Shel!!! ek moet ‘breath’!” ek begin weer ‘breath’ en Jonti kom in en besluit dat hyt nog nie behoorlik môre gesê nie. Hy klim bo-op my bors en knie my borste asof hy hoop die deeg gaan ’n broodjie word. “Ag nee Besie man! Klim af ek probeer oefen. Komaan gaan lê by Pa.” Hy is sommer af getierts met sy nooi en loop stert tussen die bene die trappe op.


Nou ja! waar was ek nou laas? Ooo ja… ‘breath!' ek probeer weer, maar die oefening het al na die sugestiewe hande vier voete posisie met pelwiese bewegings (jy weet wat ek bedoel) aanbeweeg.


Ek het nog nie kans gehad om 'n yoga mat te gaan koop nie en al wat ek vir jou kan sê is,

dat 'n stoel kussing werk nie so lekker nie, want “Stretch up, bend forward, place hands on

floor, jump back in looking down dog position, stretch your bum and back out.” wil net nie

die verdomde kussing hier onder jou hé nie, want die het 'n lewe van sy eie en wil nie op

eenplek bly as jy stretch nie. Ek dink ek lyk soos 'n donkie wat vassteek en in 'n soutpilaar

verander het, ek moet nog net bulk. “Stretch your legs over your head so that your feet

touch the ground behind you … breath normally” Wat!? Is hierdie ou heelmal nog lekker? In die eerste plak hoe de joos kry jy jou voete op die grond oor jou kop en dan wil hy hé jy

moet nog probeer asem haal terwyl jy dit alles probeer. Komaan! Ek hyg en sweet en

vloek, snak elke nou en dan vir asem sodat ek nie versmoor nie.


Aaah yoga agter die rug! Letterlik.... en dit is 5h45, 'n goeie voorsprong op die dag. Ek

begin solank my dogtertjie se kosblik pak en sit die ketel aan. Ek loop 'n honderd maal na 'n plek, stop, en dink wat wou ek nou weer hier doen? O ja koffie maak, nee, die vitamienes uit haal, nee die kaas in die kosblik pak, o ja nou onthou ek … ek wou die melk uithaal vir die koffie.


Maak die yskas oop en dink, wat soek ek nou weer? O ja die melk. Die melk is nie op sy

plekkie nie, het ek dit dan al klaar uitgehaal? Kyk rond in die kombuis, sien niks melk nie en dan onthou hoe gooi ek die laaste druppel gisteraand in my man se koffie … aaag hel! Ek het vergeet om melk te koop. Wag! Ek het nog soya melk in poeier vorm iewers. Ek gooi teelepel in die koffie en dit lyk nie so ‘hot’ nie. Aaag wat moet ek nou doen? hy sal nie swart koffie oorweeg nie, ten minste lyk dit wit … reg?


“Hey…my man opstaan tyd!” sê ek terwyl ek trappies op steun en kreun met erge spier

uitputting. Ek loop tot langs hom voeter amper die hele koppie uit oor die bedtafel en in sy

pamaja laai. “Shit!” ek hardloop badkamer toe vir 'n handdoek, droog verwoed op.

“Mamma.” Hoor ek my dogtertjie se stem.

“Hallo my Engel Kind, mamma kom nou.”

“Nee, jy moet nou kom!”

“Ek kom!”

“Maaaaaaammaaaa!”

“Ek kom!”

ek hol af en voel bietjie of die irritasie wil opstoot.

“Goeie môre my engel, lekker gedoedoe?”

“Ja, mamma! Ek roep jou want ek is lief vir jou”

aaaaaahhhhh daar smelt ek en sy weet sy kan nou enige iets reg kry.

“Mamma....kan ek buiten toe gaan?”

“My skat, dis nog koud buite en...”

“Maar mamma ek wil vir jou blommertjies gaan pluk”

aaaaaaahhhhh.

“Okei, koms trek gou warm aan en skoene dan gaan ons.”

Sy kom terug met 4 blomme. “Mamma, ek het vir jou vier blommer gepluk, omdat jy so

dierbaar is en vir my kos maak.”

aaaaaaaaahhhhh!


Familie gevoed en versorg en by die deur uit en ek wonder: nou wat sal ek met my dag

aanvang? Aaahhh ek gaan eers my boek klaar lees, nog net 2 hoofstukke en dan sal die

laaste goedjies vir die vakansie gaan koop.


Wou nog net gaan sit om te lees en 28 minute later is die telefoon gesprek eers klaar. Okei

wel kom ek stort nou maar eers en dan lees ek. Ek stort en gaan sit reg vir die laaste

twee hoofstukke. Ek begin lees toe my man terug is en kom sit om te vertel hoe erg die

verkeer is en wat nuus op die radio is en wie hom gebel het oppad en waaroor hulle gesels het en dat hy ons dogter se huiswerk gekry het en ...

ek sit my boek neer … en luister … kyk op my horlosie en besef die vroeëre telefoon gesprek het 'n afspraak veroorsaak waarvoor ek gaan laat wees as ek nie nou begin spring nie!


In my kar en ma sms en vra of ek vir oupa gaan sien vandag (hmmmm nie beplan nie maar ag okei, fine) Dit is reg ek moet net eers my dogter gaan haal en dan gaan.

“Dis gaaf,” sê sy. “Sal jy hom sommer Checkers toe vat?”

Wat? dis nou dieselfde ma wat ons vir aandete genooi het gevra het ons moet so teen 3 uur of so kom, want dan kan ons kuier. As ek my dogter gaan haal, 12h00, middagete eet by die huis, ry Randfontein toe, Oupa gaan haal vir inkopies, terug ry, nog 'n ander belangrike draai ry vir boeke, terug ry en dan my man oplaai, is dit al na 5, maar okei sy het gevra, ek sal dit doen.


Na my oggend afspraak, jaag ek om gou by Dischem solank die vitamienes te koop voor ek my dogter gaan haal by die speelgroepie. Sy is in ’n baie goeie bui en borrel oor haar dag. Ons eet middag ete en spring in die kar vir Oupa Grootjie Piet (sy wil haar dood lag...kan nie glo iemand se naam is Oupa Grootjie Piet nie) se ‘shopping’.


Oupa Grootjie Piet is 92 en stok doof. Sy is 4.

Oppad sing ek sy uit volle bors Cher se Bang Bang! my baby shot me down en dan

Gypsies, Tramps and Thieves … oor en oor. “Weer daai ‘bang-bang’ liedjie ma!”


Oupa Grootjie Piet lê op die bed en slaap. “Hallo Oupa” skreeu ek. My dogter skrik haar beina weste. “Hoekom raas Mamma met Oupa Grootjie?” Oupa roer nie. “Nee ek raas nie skat, Oupa kan net nie so mooi hoor nie. Sien hy het nog nie eers vir my gehoor nie.” ek probeer weer … bietjie nader … bietjie meer volume: “Hallo Oupa!” sy oë gaan stadig oop soos die van 'n kameelperd op ‘n ‘slow-mo nature scene’.

“Aaaah hallo! Ek dog julle kom nie meer nie!”

“Nee Oupa, ons is hier! Kom! ons! gaan! gou! winkel! toe.” met erge tussen poses en

volume.

“Wat heukel jy toe?” vra hy.


“Nee Oupa!” ek kom nader en skreeu in sy “goeie” oor. “Wou Oupa winkel toe gegaan

het?”

“Ja, gaan jy my vat?”

“Ja, Oupa hier is ons. Kom ons ry gou.”

“Nee ons moet nou eers by tannie Lizzie gaan hoor wat moet ons vir haar kry.”

Ons loop tot by die siekeboeg in verkleurmannetjie styl: een voet … rus … ander voet …

rus … een voet, rus ... ander voet … rus eers lank.


Die staffies kry amper 400 hart aanvalle dat ons nou die cheek het om buite besoek ure

by die siekeboeg aan te kom. Ek probeer verduidelik, maar ons word nog steeds bietjie

hard handig uit die saal “begelei”. Oupa stry lank oor ek weet nie eers heeltemal nie,

want hy en staffie praat nie oor dieselfde ding nie. Ek probeer oplos en kry uiteindelik

reg dat ons net 'n antwoord het sodat ons nou winkel toe kan gaan.


In die winkel soek hy eers 'n boekie om sy inkopies in op te skryf. Ek haal 'n klein

harde band boekie af en gee vir hom. Nee nie goed genoeg nie, dit het nie 'n lyntjie aan

die kant nie. Ek haal nog een af. Nee ook nie die een nie. Hoeveel kos dit? Nee dis te

duur (R1.99). Ek haal nog een af. Nee dis te groot.

“Oupa dit is nou die drie keuses. Kies een!”

“Wie word vet?” Vra hy

Ek beweeg weer nader aan die goeie oor en herhaal weer met BAIE meer volume.

“Ooo okei, dan vat ek maar die grootte” R6.99, maar hy vra nie hoeveel die een kos nie. Ek laai in die mandjie. Volgende lekker ruik vir mans.


“Ek soek 'n swart botteltjie” sê hy.

Ek kyk na drie rakke vol deoderante en 95% van die blikkies is swart.

Okei...

“Wat is die maak, Oupa?”

“Wat maak saak?” vra hy…

Man, dit gaan 'n lang dag wees!


Hy begin by die eerste swart botteljie, druk hard op die spuitklep en hou dit vir ’n laaannng ruk in en dan loop hy agter die reuk aan.


“Nee dis nie daai een nie.” sê hy beslis.

Volgende botteltjie net langs die vorige een, wat presies dieselfde as die vorige een is … dieselfde prosedure.

“Nee ook nie daai een nie.”

Volgende botteltjie. Hierdie keer darm al 'n ander geur van AXE.

Dieselfde prosedure… “Nee ook nie die een nie.”

Ek bekyk die storie en besluit om te help.

Met my hulp sal die bestuurder ons sekker uit gooi na blikkie nommer 30 of hoe? Ek spuit een na die ander blikkie in die doppie vir hom om te ruik. Nee nie daai een nie.

“Oupa ons is nou deur al die swart botteltjies. Kan Oupa nie onthou wat die maak is

nie?”

“Ek dink dit het so hasie op” sê hy.


Boy, oh boy! Na 14 AXE botteltjies en weet nie hoveel Status botteltjies nie, onthou hy dit PlayBoy. Okei kom ons gaan soek PlayBoy.


Dis heel onder in die rak. Ek volg dieselfde prosedure. Gaan deur die hele PlayBoy

reeks met 'n “Nee, dis ook nie daai een nie.”


“Oupa, sal nou maar een moet kies” sê ek baie geduldig.


Hy begin weer by die AXE botteltjies.

Ek hokaai hom en sê: “Oupa het al almal van daai geruik, kom ons vat hierdie en met

die Hasie op wat so lekker ruik.”


“Ja, die Hasie een is die wat ek gebruik” sê hy.

“Laat ek weer ruik” ek spuit weer in die doppie.

“Nee, dit ruik dan na niks!” sê hy vreeslik verergerlik, asof ek hom nou probeer kul.


Ek oorweeg gou my opsies en sê: “Oupa ons koop die een en dan gaan kyk ons wat is

by die huis wat jy gebruik en as dit nie dieselfde is nie, sal ek dit kom omruil.”


“Okei” sê hy en loop na die tandepasta.


Als word eers bevoel en betas en beruik en belees en dan vra hy vir my: “Is die Colgate

met die baie strepe een wat heeltemal groen is?”

huh?

“Ek dink so Oupa, dis die groen een. Dit sê Herbal. Is dit die een wat Oupa soek? Herbal?”

“Ja, herbal!” dit lyk vir my of die uitstappie hom goed doen, want hy hoor sommer skielik aansienlik beter.


Ek loop en wonder hoe die sekuriteitsouens wat die cctv dophou hulle vrek wil lag oor die ou oom wat so agter die reuk van elke botteltjie op die rak loop en hoeveel bestuurders hulle hare wil uittrek.


Uiteindelik na 'n een en half uur in Checkers en 'n totaal van 12 items in die waentjie kom ons by die betaal toonbank.


Hy sê hy voel vreeslik lus vir een van daai drie hoekige koekies wat die Indieërs altyd verkoop.

“Samoosas?”

“Ja, samoosas. Wil jy ook een hé?

“Nee, dankie oupa, maar kom ons gaan soek een.”


Ons kry die laaste een in King Pie. “Hoeveel kos dit?”

R5.

“5 sjielings????!!!! maar dit is malligheid!”

“Oupa Grootjie Piet, wat is Sjielings?” vra my dogter.

Gelukkig hoor hy nie en gee die R5 stuk vir die dame.

Hy loop lustig en eet aan sy samoosa.


“Mamma, hoekom mors Oupa Grootjie so baie op sy mond? Sê vir hom hy moet sy mond

afvee.”

“Skat, Oupa eet maar net baie lekker, Ma sal nou sy mond afvee in die kar.”

“Met my lappies?”

“Ja, met jou lappies.”

“Okei, hy kan maar een van my lappies kry.

Mamma? Hoekom is Oupa Grootjie Piet so oud?”


Met verkeer en beurtkrag oppad terug kom ons na vyf by die huis, laai my man op en kom te danke beurtkrag en verkeer amper eers 6 uur by ons ete afspraak, wat Ma toe in geen onduidelike terme aandring geskeduleer was vir 12 uur vanmiddag.


Okei? dink ek en wonder of hierdie probleem oorerflik is.

Ek besluit toe sommer dadelik ag! nee! wat! en lag die res van die aand om sommer oor alles.


En so kom nog ’n mal uitdagende dag tot ’n einde en ek sê hallelujah amen dat ek nie eers ’n bietjie na my eie familie aard nie. Nudge-nudge, wink-wink…


Regte voorbehou, publiseer deur GI Produksies. Kopieregte © 2008 GIProduksies


32 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page