top of page
Writer's pictureMej. Wysneus

Is Hermanus se 'Zig Zag' bergroete na 'Mosselberg Baken' die moeite werd?⛰️

Updated: Jul 28, 2020

Ek is seker as meeste van ons die woord "hike" hoor, oorval daar 'n verskriklike angs ons en ons vra grootoog: "Wat moet ek aantrek?" "Hoe ver is dit?"


Eerste dinge eerste


1) Wat trek mens NIE aan NIE

  • Katoen

Katoen is 'n hidrofiliese materiaal. Dit beteken dat dit baie maklik water absorbeer. "So?", wonder jy nou sekerlik... Ja, katoen hou mens lekker warm, maar die oomblik wat katoen 'n bietjie vog of water absorbeer, vat dit lank om weer droog te word. Dit beteken dat jy moontlik sal koud kry en koud bly. In die bloedige warm Somer sal dit nou natuurlik nie saakmaak nie (teensy jy geneig is om baie te sweet) , maar hou dit maar in gedagte vir die nat Winter maande.

  • Denim

Denim word van swaar katoen garing gemaak, wat beteken dat jy soortgelyke probleme soos in die bogenoemde sal ervaar - as dit bietjie vog kry sal dit jou klam en koud laat en jy sal sukkel om weer warm te word.


2) So, wat MOET ek dan aantrek?


  • Trek verskeie lae kledingstukke aan - Winter of Somer is dit 'n goeie idee

"Hoekom? Gaan ek nie warm kry nie?". Die hele doel van verskeie lae klere is om te verseker dat jy die beste kan aanpas tot die weersomstandighede (wat vinnig drasties verander op die berg) om jou. As jy warm kry kan jy net van 'n paar lae ontslae raak om af te koel en sodra jy begin koud kry kan jy net weer laag vir laag aantrek. Hierdie reël geld vir enige staproete (lank of kort). Onthou jou rugsak sodat jy die lae klere veilig kan bêre.


  • Trek gemaklik aan

Hierdie reël mag dalk vanselfsprekend klink, maar maak seker jy is gemaklik genoeg in jou klere om deur of oor verskillende terreine te manoeuver.


  • As jy kan, kies kledingstukke met die volgende materiale (die beste vir "hike") Dit sluit in: Merino wol, nylon, fleece, polyester en sintetiese materiale.


3) Kies jou skoene versigtig


Kies skoene wat jy weet vastrap en wat jou voete warm sal hou. Jy wil nie gly en val in die berg nie! Die beste is maar om "Trail Run" tekkies aan te trek of traditionele "hiking boots". Plakkies is 'n groot nee-nee!


4) Onthou jou hoed en water!


⛰️In elk geval, terug na #Hermanus se 'Zig Zag' roete na die Mosselberg baken


Die Zig Zag roete na Mosselberg baken sal jou omtrend 2-3 ure vat, afhangende van jou fiksheid en hoe gereeld jy stop om die pragtige uitsig te bewonder. Die roete is min of meer 13km lank. "Hoe kom ek by die roete uit?". Die roete kan maklik gevind word op google maps. Die beginpunt is 'n blok van Voëlklip se OK Minimark, in 'n Noordelike rigting, af.


Aanbevelings :


  • Ek sal aanbeveel dat jy nie jou honde saambring vir hierdie roete nie, omdat daar baie steil afgronde en somtyds bobbejane is.


  • As jy lang hare het, maak dit styf vas ('n poniestert, bolla of vlegsel), omdat die wind rof kan begin waai en dit jou visie kan versteur.


  • As jy enige knie, heup, enkel of rugprobleme het sal ek aanbeveel dat jy ekstra versigtig is op die roete en dat jy miskien 'n knie- of enkelstut in jou rugsak moet hou vir ingeval die steiltes jou knieë, enkels of rug begin seermaak.


  • Nog ń belangrike ding om te onthou is dat dit veiliger is om altyd iemand saam met jou te vat.


Is dit die moeite werd?


Persoonlik, dink ek dit is die moeite werd om die 'Zig Zag' roete na die #Mosselberg baken te stap, alhoewel ek die stap baie ongemaklik gevind het, aangesien die pad baie steil was, los klippe en sand gehad het. Ek was lekker moeg en het vrek koud gekry, maar dit is natuurlik nie die roete se skuld nie🙃😉! Die wind was rof gewees die hele pad boontoe, maar toe ek bo uitkom en by die baken uitkyk oor die pragtige dorp van #Hermanus, die see en die berg was dit defnitief die moeite werd. Ons is so #blessed om op hierdie pragtige plek op die aarde te staan. Om op hierdie reuse berg te staan en te sien hoe klein al die huise en mensself is ... #Godisgroot #prysdieHere.


C. Loriston het geskryf: "The walk was a little bit daunting but the view really made it worth it. A great experience and I will definitely recommend to anyone who enjoy's hiking"


Het jy al ooit hierdie roete gestap? Indien jy het, laat weet ons gerus van jou ervaring en of jy dink dit die moeite werd is in die 'comment section' hieronder.

43 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page