top of page
Writer's pictureMej. Wysneus

If shit won't go down... Seesout, Skattie

As jy nog nie van die 'Saltwater Flush' gehoor het nie, hier is jou geleentheid om jouself meer daaroor in te lig. Die 'Saltwater Flush' het vele gesondheids voordele. As jy al ooit oorweeg het om die 'Saltwater Flush' (of Soutwater Spoel) te probeer, hoef jy defnitief nie verder te soek nie. Ek het die inisiatief geneem om dit uit te toets en jou, my liewe leser, meer daarvan te vertel sodat jy 'n ingeligte besluit kan neem.

Eerstens, dit is baie belangrik om te weet presies hoekom mens nou eintlik die Soutwater Spoel wil doen:

Die Soutwater Spoel staan ook bekend as die 'Saltwater Cleanse' om rede dat dit 'n velige, goedkoop manier is om jou kolon skoon te maak, kroniese hardlywigheid te behandel en om te help om jou liggaam te ontgif (detox).

Die Soutwater Spoel is 'n mengsel van warm water en nie-gejodeerde sout (non iodised salt), met ’n bietjie suurlemoensap (vir smaak) wat dan gedrink word. Die soutwater dien as 'n natuurlike lakseermiddel. Gewoonlik veroorsaak dit dringende opelyf binne 'n halfuur, maar dit mag dalk langer vat.

Die soutwater spoel verwyder glo toksienes, ou afvalmateriaal en parasiete wat moontlik in die kolon skuil, maar voor jy op die Soutwater Spoel bandwagon spring, is daar ‘n paar dinge wat jy wel in gedagte moet hou. In meeste gevalle sal die Soutwater Spoel ‘n effektiewe kort-termyn oplossing wees om die kolon skoon te maak deur opelywe te veroorsaak, maar daar is geen wetenskaplike bewys dat die ‘Soutwater Spoel’ die liggaam ontgif (detox) of parasiete uit jou uitskeidingstelsel verwyder nie. 'n 2010 studie in die ‘Journal of Alternative and Complementary Medicine’ het bewys dat as mens afwissel tussen warm soutwater drink en spesifieke joga posisies doen; dit die ingewande effektief skoonmaak in voorbereiding vir ‘n kolonoskopie. Dit is onduidelik of warm soutwater alleenlik dieselfde effek sal hê.

Dit is veilig om eenmaal elke paar maande 'n soutwater spoel te doen, maar dit word nie vir meer gereelde gebruik aanbeveel nie. Dit kan moontlik die mikro-bioom in jou uitskeidingstelsel ontstig (balans van goeie en slegte bakteriums in jou derms ontwrig).

Die vraag is dan effektief: “Wie is 'n kanidaat vir n soutwater spoel?” Die antwoord is relatief eenvoudig: Enige persoon wat kronies hardlywig is of ongereelde opelywe het.

Ongelukkig is daar wel 'n risiko faktor aan verbonde, soos as mens bietjie seewater sluk as mens deur 'n brander gerol word. As jy die soutwater op 'n leë maag sluk kan jy moontlik naar raak of laat braak, maar dit is heeltemal normaal. Die soutwater spoel kan moontlik jou risiko vir 'n oordosis van natrium (sodium) verhoog. Natrium oordosis kan dalk lei tot hoë bloeddruk.

NB: Dit is uiters belangrik om nie te poog om die Soutwater Spoel te doen as jy enige van die volgende gesondheids kwale het (of swanger is) nie:

- hart probleme

- diabetes

- swelling of water-retensie

- nier probleme

- hoë bloeddruk

- maagsweer

- Enige dermkwale of derm-siektes of inflamasie van die dermkanaal

So, hoe doen ek 'n soutwater spoel?

1) Los 2 teelepels nie-gejodeerde sout (soos Pink Himalayan of fyn seesout) in vier koppies water.

2) Optioneel: Voeg bietjie suurlemoesap by (vir smaak)

3) Drink die mengsel binne 10 minutes op 'n leë maag.

Jy sal kort na jy die mengsel ingeneem het, 'n dringende opelyf hê. Dit is baie belangrik om gedurende hierdie hele proses baie water te drink, omdat die Soutwater Spoel jou kan dehidreer.

Moet verkieslik nie iewers heen ry of vêr van die badkamer wees nie, omdat jy moontlik vele dringende opelywe gaan hê.

My Ervaring:


Tydens die Suid-Afrikaanse grendeltydperk het ek die Soutwater Spoel probeer. Liewe Leser, ek moet jou wel in kennis stel dat dit nie die beste ervaring van my lewe was nie, maar ek het wel daarna baie beter gevoel. Ek het vroeg die oggend die mengsel aangemaak en afgesluk. Kort voor lank het my maag gedraai en ek moes badkamer toe hol. My maag het vir ure gespoel en ek het vir die res van die dag baie gedehidreer, pap en siekerig gevoel. Alhoewel ek baie sleg gevoel het vir die res van die dag, het ek wel goeie resultate die volgende dag gesien. Ek het 2kg verloor en my metabolisme het weer herstel en teen 'n normale tempo begin werk, alhoewel my maag eers weer op die tweede dag na die spoel normaal begin werk het.

Ek sal die Soutwater Spoel vir enigeiemand (solank dit veilig is) aanbeveel. (Ek aanvaar geen skuld vir enige beserings / voorvalle nie; Die soutwater spoel moet op eie risiko aangepak word.)

90 views4 comments

Recent Posts

See All

4 Comments


Mej. Wysneus
Mej. Wysneus
Jul 12, 2020

Hi keylabenecke


Jy mag eet, maar dit word nie aanbeveel nie. Dit sal voldoende wees om vir n paar ure na jou eerste opelyf eers te eet vir die mees effektiewe resultate

Ek hoop dit beantwoord jou vraag?


Like

keylabenecke
Jul 12, 2020

Interesante onderwerp, ek self wil dit al lank probeer het maar het noggals 'n paar vraagies.


Mag jy eet gedurende die flush?


Hoe lank na jy die mengsel drink mag jy begin eet indien jy mag?

Like

Mej. Wysneus
Mej. Wysneus
Jul 06, 2020

Hi naomi.bez

Dankie vir jou vraag, ek het wel 'n klein bietjie gewig opgetel kort na die spoel, maar dit het ek weer afgeskud toe my metabolisme weer stabiliseer.

Like

naomi.bez
Jul 06, 2020

Dankie vir die inligting.

Ek wonder of jy toe weer die gewig vinnig opgetel het na die tyd?

Like
Post: Blog2_Post
bottom of page